FAQ’s #2

FAQ’s

Most frequently asked questions

MATES

Elke produk het ‘n gids wat die mates van daardie item bevat. Jy kan die mates vergelyk met ‘n soortgelyke item in jou kas om ‘n idee te kry of die item jou gaan pas. Vir enige vrae rondom die mates is jy welkom om ‘n epos te stuur na droom@jamies.co.za

BESTELLINGS

Kies jou gunsteling produk en plaas dit in jou ‘mandjie’. Wanneer al jou produkte in die mandjie is kan jy kliek op Checkout om die betalingsproses te begin.

Sodra ons jou bestelling en betaling ontvang het sal jy ‘n epos van Jamies ontvang met jou bestellingsnommer. Indien jy die aflewerings opsie gekies het sal jy ‘n epos van The Courier Guy ontvang met jou opsporings nommer.

Dit hang alles af van waar jy bly. Wanneer jy gereed is om voort te gaan met betaling en jou persoonlike besonderhede, adres ingesluit, is op ons webtuiste bevestig, sal ons jou inligting gebruik om die koste te bepaal en dit dan by jou totale betalingsbedrag sit.

Ons gebruik PayFast vir vinnige en veilige betaling. Jy kan ook ‘n direkte EFT betaling maak. Neem kennis dat die fondse in ons rekening moet reflekteer voor die pakkie beskikbaar gemaak sal word.

Sodra jou bestelling geplaas en betaal is kan jy dit nie kanselleer nie. Jy is welkom om die pakkie terug te stuur, teen jou eie koerier onkoste, en ons sal dan vir jou ‘n koopbewys stuur vir dieselfde waarde van jou aankope. Ons ruil dit ongelukkig nie om vir kontant nie.

AFLEWERING

Aflewering neem 3-5 werksdae

Jy kan op hierdie skakel kliek https://thecourierguy.pperfect.com/ en net jou The Courier Guy ‘waybill’ nommer daar insit.

Ons probeer ons uiterste bes om seker te maak dat ons mates korrek is. Indien die item, vir een of ander rede, nie pas nie stuur asb ‘n epos na droom@jamies.co.za binne 7 dae van ontvangs. Ons sal dan reël vir die optel van die item teen geen ekstra koste nie en sal vir jou ‘n koopbewys van dieselfde waarde stuur. Dit kan ongelukkig nie omgeruil word vir geld nie. Daar sal dan weer koerier koste wees met die aflewering van jou volgende item indien van toepassing.

Alhoewel ons kwaliteits beheer doen is niks ooit onmoontlik nie. Indien die item beskadig by jou aankom, stuur asb ‘n epos na droom@jamies.co.za binne 7 dae van ontvangs. Ons sal dan reël vir die optel van die pakkie teen geen ekstra koste nie en sal vir jou ‘n koopbewys van dieselfde waarde stuur. Dit kan ongelukkig nie omgeruil word vir geld nie.

Wanneer ‘n item teruggestuur word, maak asb seker dat dit ongewas, sonder enige grimeringmerke is en dat daar geen parfuum of onderarm reuke op is nie. Indien dit die geval is sal jy ongelukkig nie ‘n koopbewys ontvang nie.

Contact

Het jy nog vrae?